Suid-Afrikaanse Bring & Kuier Dames Middag – Milnot, ND
August 1 @ 1:00 pm - 5:00 pm

•
Kaartjies is $25 per persoon.
•
RSVP én betaling moet teen of voor Maandag, 20 Julie gedoen word.
•
Betaling word via Venmo of PayPal aanvaar. Stuur gerus vir my ’n boodskap indien jy belangstel, dan stuur ek die betalingsbesonderhede aan.
•
Bring asseblief ’n Suid-Afrikaanse gereg of platter om te deel.
•
Bring ’n bruikbare damesgeskenk van ongeveer $20 vir die geskenkuitruil.
•
Stuur ook jou gunsteling Suid-Afrikaanse resep wat met Amerikaanse bestanddele gemaak word.
•
First come, first serve vir die keuse van jou soet- of soutgereg, so kies betyds.
•
Babas van 13 maande en jonger is welkom, en daar sal ook ’n kinderoppasser beskikbaar wees vir ouer kinders.
As jy graag wil saamkuier, stuur gerus vir my ’n boodskap. Ons sien ongelooflik uit daarna om saam met julle nuwe herinneringe te maak, nuwe vriendskappe te bou en ’n klein stukkie Suid-Afrika hier in North Dakota te geniet.